Gisterdae / Yesterdays (Afrikaans)

Kom ons keur terug na die dae voor môre
toe riviergrond nog iets aan ons gegee het.
Iets – die saad van hartseer, die kiem van nostalgie.
En nou – nou het ek ‘n boom vol vrugte.
 
Ek soek nog aan die blom wat mý laat bloei;
daai sonsonder reuk wat jokkend sê ek’s tuis.
Dan soek ek deur die langgraspaadtjies en my sufheid
in die klein klipstrandtjies se riet sambreel.
 
So lank terug is my geheime in die water in gestrooi.
‘n Dekade nou? Of mis ek nog twee jaar?
‘n Dosynjaar lank wil ek dan weet:
waar kraam die rivier?
 
Waar verdrink die weeskind van ons jeug?
 
 
Translation:
 
Let’s return to the days before tomorrow
when river mud still gave us something.
Something – the seed of sorrow, the germ of nostalgia.
And nou – nou I’ve got a fruitful tree.
 
I’m still looking for the flower that causes me to bleed;
that sundown aroma telling me, lying, that I’m home.
Then I’ll search through the long-grass footpaths
and my weariness in the pebbled beeches’ reeds.
 
So long ago were my secrets sown upon the water.
A decade now? Or am I missing two years?
For a dozen years I’ve longed to know:
where then does the stream give birth?
 
Where drowns the orphan of our youth?