snotneus en blonde krulle
klou virgodsnaam aan haar
bruin ma se gesmeek.
kwaai anties gooi gefrustreerd
nommers rond met vlieënde hande:
“’seblief tog! double too-tree,
djulle vis is klaar!”

agter die toonbank lyk die
man grieks, en is die
vrou klaarblyklik uit die oekraïne;
maar albei grom die moedertaal.
help-my-sterk-lyk brada
stap kapokhaan uit met ‘n footlong gatsby
in die hand; en almal
lyk sieklik onder die fluorescents.
sweet en asyn word sonder 
comp lime nten oor tjips gesaai, 
en een blondie frons vir haar slippie, 
verseker sy’s gekul.

“mop die blerrie vloer, dan tog.” sê
nog ‘n tannie uit ongeduld,
en in die hoek daai bruinhaar seun
wat sy droefheid en gesig in sy pa
se bors begrawe.

Year: 
2015
Forums: 

Reviews

No reviews yet.