om en om die perkament
gly sy slymerige tong –
hier dans afrikaans in
die wolke van sy gees;
hier draai ‘n indo-europese
niggie-neef om en om en om!
en om die berg se rille en ruwe
naakte skoongewaste alabaster
kranse, draai ‘n spook se dans
die vêrte in.

gaans verby die oggendspad
teenaan (geplak) die son wat
een vir een haar arms lig
en wolke streel en dans –
sy is Durga van die oggendsryk;
die muse wat my tong laat los
wat my tong die sterreboog laat
lek!

‘n perkament vol spoeg en bloed
en son en see en grond
                      en takke
                      en blare
                      en sterre
en mense en al hul doen en late!

dis my taal, dis my tong,
en Bramha drink nog dieper…

Year: 
2015
Forums: 

Reviews

No reviews yet.