sluk, sluik, en aardsbestaan –
eers die bloed en tee en water
in ‘n dam – palmiet strooitjies
spits! boëntoe! in hemelsnaam!
sluk, sluik, en aardsbestaan…
dan die smokkel van skurwe
denke en drome en baster wense
uit die hemele se donker kelder.
sluk, sluik, en aardsbestaan!
hier verdoem ons onself soos
engele slu en sku om die hand
van ‘n moordenaar van eie volke!

sluk, sluik, en aardsbestaan:
gee jou skepping aan die dood
gee jou skepping aan die swaarkry
wat alles uit jou hand bestaan!


sluk
sluik
en…

aardsbestaan.

ook maar kwaad
vir die

lewe.

ook maar

hopig

vir die
dood.

Year: 
2015
Forums: 

Reviews

No reviews yet.