gaar die aand haar mandjie vere–
op! die maan styg soos 'n fluit
bo 'n vlei so troebel soos die nag.
mag dié wollerige aandsgeselskap
van stof en geheue ook maar sterf,
soos al die goue kalfies in ons
land besmeer (besmet) met ons laste
en die lust na een of ander vryheid
wat wag in die donker vleuels
van onsekere gedagte.
knaag die aand 'n paadjie in die berg
en rus sy in haar donga met haar
mandjie vere in haar keel,
dan gestut met klip ond haar kieliebak
gelug, raai sy vergaans die maan verby.
en daai goue kalfies blink (besmet)
nogsteeds in Azania se son –
so spyt vir al die Mosese
en hul vryheidsklug.

Year: 
2015
Forums: 

Reviews

No reviews yet.